Geen drankverkope op stemdag nie

Die Namibiese polisie het bevestig dat daar geen drankverkope op verkiesingsdag sal wees nie. In 2019 was daar ook ‘n opdrag dat kroeë en shebeens moet sluit en ‘n aankondiging in die verband word vandag by NamPol se perskonferensie verwag. Stemdag is ook ‘n vakansiedag en alle werkgewers moet hulle personeel ‘n geleentheid gun om te stem, al is hulle noodsaaklike personeel wat nie ‘n spesiale stem kon uitbring nie. Geen wapens word by ‘n stemlokaal toegelaat nie en ook geen partykleure nie.