Geen buffersone in Gaza nie – Erdogan
Turkye verwerp planne om ‘n buffersone na die oorlog in Gaza te vestig omdat dit oneerbiedig teenoor Palestyne sou wees. Daar is verlede week berig Israel het planne vir die buffersone aan verskeie Arabiese state en Turkye bekend gemaak. President Recep Tayyip Erdogan sê Gaza se bestuur en toekoms ná die oorlog sal deur Palestyne besluit word. Hy het ‘n beroep op Israel gedoen om gebiede wat hulle beset het terug te gee en nedersettings in daardie gebiede te beëindig.