Geen borg vir veediefstel verdagtes
Die boeregemeenskap in die Otjinene-kiesafdeling van die Omaheke-streek doen ‘n beroep op wetstoepassers om nie veediefstal-verdagtes op borgtog vry te laat nie en om skuldiges lang tronkstrawwe op te lê. Veediefstal bedreig die lewensbestaan van reeds sukkelende plaaslike boerderygemeenskappe, wat ook deur droogte in die gesig gestaar word. Die boere se groepwoordvoerder, Uaenena Zakaapi, sê onlangs het ‘n boer vier beeste verloor, en ‘n maand tevore is nog een van 25 kleinvee beroof. Hy skryf die toenemende veediefstal toe aan ‘n gebrek aan werksgeleenthede onder jongmense in die gebied.