Geen bomme, plofstof tot dusver by Zaporizhzhia gevind nie

Die Internasionale Atoomenergie-agentskap sê daar is geen sigbare aanduidings van landmyne of plofstof by die Zaporizhzhia-kernkragsentrale in Oekraïne nie. Dit volg nadat Kiëf en Rusland mekaar beskuldig het van planne om Europa se grootste kernkragsentrale aan te val. Die president van Oekraïne, Volodymyr Zelensky, het Russiese troepe daarvan beskuldig dat hulle plofstof op die dak van Zaporizhzhia geplant het. Hy het met CNN gepraat.

Intussen het die Kremlin gesê daar was ‘n potensieel katastrofiese uittarting deur die Oekraïnse weermag by die kernkragsentrale. Die Verenigde Nasies se kernwaghond sê die militêre teenwoordigheid by die aanleg sal voortgesit word.