Geen bewyse van vermiste vondse by Nasionale Jeugraad

Die regering het ‘n ondersoek na die Nasionale Jeugraad van stapel gestuur om bewerings van korrupsie, wanbestuur en nie-nakoming van regulasies te ondersoek. Die direkteur, Calista Schwartz-Gowases, staar beskuldigings in die gesig van inmenging in die verkrygingstelsel en die fasilitering van ‘n ongemagtigde betaling van ongeveer 300 000 Namibiese dollar aan Jeovani Properties vir opknappings by die raad se hoofkantoor. Die aangeleentheid het in die Nasionale Vergadering ter sprake gekom en jeugminister Agnes Tjongarero sê daar is tot dusver geen verslag van vermiste fondse by die Jeugraad ontvang nie. As sulke bewyse gevind word, sal die saak na die Anti-Korrupsie Kommissie verwys word.