Geen Banyana-speler verseker van plek in FIFA-wêreldbeker span nie
Banyana Banyana-afrigter, Desiree Ellis, het benadruk geen speler is van ‘n plek in die beginspan vir die FIFA-wêreldbeker vir vroue in Australië en Nieu-Seeland verseker nie. Banyana sal op 23 Julie hul Wêreldbeker-veldtog teen Swede in Wellington afskop. Terwyl die span vir hul finale voorbereidingswedstryd môre teen Botswana voorberei, mik Ellis om die spelers se vertoning verder te verfyn. Ellis beklemtoon dat die nuwe, sowel as die ervare spelers, hul plekke in die begin-elf wil verseker: