Geen ampsdraers in Windhoek ‘maak geen verskil’
Stad Windhoek is tot 9 Desember sonder ‘n burgemeester, onderburgemeester of raadsvoorsitter. Daar sal op die datum gepoog word om weer te stem om die poste te vul, na twee pogings vandeesweek misluk het. Eers het raadslede by die vergadering uitgestap en by ‘n tweede vergadering was daar nie ‘n kworum teenwoordig nie. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die maatskaplike aktivis Shaun Gariseb, wat sê niks sal verander nie al word daar nuwe ampsdraers verkies.