Glimlaggende geel madeliefie van uitwissing gered

Plantkundiges in Engeland het ‘n blom van uitwissing teruggebring nadat dit meer as 30 jaar gelede verdwyn het. Die geel veldblom, Yorkse kruiskruid, het net in die omgewing van York gegroei, maar gelukkig is saad van drie potmonsters in 1991 by die plaaslike universiteit geoes en in die Millennium-saadbank in die Kew-tuine gehou. Wetenskaplikes is meegedeel die sade sou eersdaags die einde van hulle leeftyd bereik en kon daarin geslaag om 98 uit die 100 sade te laat ontkiem. Hulle beskryf die plant as ‘n “glimlaggende, gelukkige geel madeliefie”.