Gee meer geld vir Katima Mulilo, smeek Simasiku

Katima Mulilo stedelike kiesafdelingsraadslid Kennedy Simasiku sê daar is steeds ‘n behoefte om dienslewering in sy kiesafdeling in padnetwerke, riool, watervoorsiening en besigheidsbeleggings te verbeter. Hy sê die situasie in die Macaravani Wes en Nova informele nedersettings, waar mense gemeenskaplike krane gebruik, is kommerwekkend. Hy sê ‘n oplossing moet dringend gevind word om die situasie aan te spreek. Simasiku voeg by die landelike ontwikkeling-ministerie het slegs 8 miljoen Namibiese dollar aan die Katima Mulilo dorpsraad toegeken, wat minimaal is in vergelyking met ander dorpe.