Gee elke werklose Namibiër ‘n toelaag, eis NEFF
Die Namibië Ekonomiese Vryheidsvegters is in Grootfontein by die maatskaplike welsyn-ministerie om hul volgelinge se woede en ontevredenheid uit te spreek oor die wyse waarop die 600 Namibiese dollar Voorwaardelike Basiese Inkomstetoelaag toegeken word. Dit kom nadat die ministerie verlede week begin het om kwalifiserende huishoudings landwyd vir die voorwaardelike toelae te registreer. Huishoudings moet aan spesifieke kriteria voldoen, insluitend huishoudelike inkomstevlakke onder 1 600 dollar per maand, werkloos wees of nie ander vorme van ondersteuning hê nie. Michael Amushelelo, die NEFF se ekonomiese kommissaris, het die protesaksie gelei en hulle eise voorgelees.