Gedenkdiens vir Zahara aan die gang
Die gedenkdiens van die bekroonde sanger-liedjieskrywer, Bulelwa Zahara Mkutukana, beter bekend as Zahara, vind in Oos-Londen in die Oos-Kaap plaas. Die 36-jarige musiekster is verlede Maandag na ‘n kort siekbed in ‘n privaat hospitaal in Johannesburg oorlede. Die Oos-Kaapse LUR vir Sport, Ontspanning, Kuns en Kultuur, Nonceba Kontsiwes, sê die provinsiale regering en die Mkutukana-familie het die voorbereidings afgehandel. Die musikant se begrafnis word môre gehou, ook in Oos-Londen.