Gebruik akwifer-water, maar volg wetenskaplike metodes

Die PDM parlementslid Lukas Hamata sê daar is ‘n dringende behoefte aan skoon water in die Ohangwena-streek, wat deur die Ohangwena-akwifer 2 aangespreek kan word. Die streek ervaar watertekorte in sommige dele en is die tuiste van meer as 245 000 inwoners. Hamata meen wateronttrekking uit die akwifer kan toegang tot drinkbare water vir die inwoners verbeter en landbou ondersteun. Kosmos 94.1 Nuus het met die plaaslike ekoloog dr. Peter Cunningham gesels, wat sê die nodige wetenskaplike metodes moet gevolg word om die grondwater te benut.