Geblikte leeuboere kan vrywilliglik leeubene inhandig

Dion George, die buurland se omgewingsminister sê dit is onaanvaarbaar om leeus wat hul lewens lam, ondervoed en in pyn deurbring te ondersteun. Dit kom na hy ‘n beroep op geblikte leeuboere gedoen het om hulle leeubene en ander voorraad soos tande, huide en meer, vrywilliglik in te handig. Die omgewingsdepartement sal die insameling van wettige leeubeenvoorraad vergemaklik deur ‘n kontraktuele ooreenkoms met die vrywillige wettige eienaars. Daar sal ook van deelnemende telers verwag word om hul leeus te steriliseer, om geen verdere diere aan te skaf nie en beter standaarde vir sorg te verseker.