GBV-uitwissing ‘begin in die huis’

Die uitdagings om geslagsgebaseerde geweld in die samelewing te beveg en uit te wis, lyk na ‘n baie moeilike taak. Gebaseer op waarnemings, blyk kinders, veral seuns, om ‘n replika te wees van die persoon met wie hulle grootword. Een manier om die samelewing te help om hierdie sosiale euwel te beveg, vereis dat mans, en spesifiek vaders, moet let op hoe hulle voor hul seuns optree. Hierdie kinders glo dat wat ookal hul pa’s doen, die regte ding is. Ngamane Karuaihe-Upi, ‘n verhoudingskonsultant, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat om sy sienings hieroor te deel.