GBV: Magsbalans moet ondersoek word

Ongelyke seksuele verhoudings moet ontmoedig word omdat ‘n wanbalans van mag in ‘n verhouding konsensuele seks verwyder. Dit is die mening van Ethne Mudge, redakteur van Sister Namibia. Sy vra die publiek om vir leiers te stem wat die tipe uitdagings, veral met die hoë voorkoms van verkragting, aan te spreek.