GBV: Fokus op die aanvaller, nie slagoffer nie


Reaksie word ontvang op kommentaar deur kenners dat die klem in geslagsgeweld nie moet lê op sake wat teruggetrek word nie maar eerder op trauma. Twee vroue is die naweek deur hulle kêrels aangeval, teen wie hulle reeds talle klagte van aanranding gelê het. Hulle het egter die klagte teruggetrek. Een van die vroue het in die aanval gesterf terwyl die ander met ernstig beserings in die hospitaal is. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Anna Wucher, ‘n holistiese sielkundige, wat sê sulke aggressiewe aanvalle getuig van vroeëre trauma by die aanvallers.