GBV: EFF sê ANC beskerm nie vroue nie
Die EFF sê die ANC-regering het deur sy ondoeltreffende beleid en gebrek aan hulpbronne vir skuilings, berading en regshulp versuim om vroue te beskerm. Die party het gereageer op bevindings deur die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing se eerste landwye studie oor geslagsgeweld. Die ondersoek bevestig dat 35,5-persent vroue van 18 jaar en ouer in hul leeftyd fisieke of seksuele geweld ondervind het. Die EFF sê die bevindings lê die werklikheid van geweld bloot waarmee vroue daagliks in Suid-Afrika saamleef.