GBV: 16 gevalle daagliks aangemeld
‘n Totaal van 4 815 gevalle van geslagsgebaseerde geweld is tussen April 2023 en Januarie 2024 by die Namibiese polisie geregistreer. Dit beteken die land ervaar 16 gevalle daagliks. Die statistieke is vrygestel deur luitenant-generaal Joseph Shikongo, wat sê dit skets ‘n donker prentjie. Shikongo voeg by die uitwerking van geslagsgebaseerde misdade strek verder as die slagoffers en raak meestal hulle kinders. Kosmos 94.1 Nuus het met pastoor Cas Bekker van die Agape Ministries in Windhoek gesels, wat sy insigte gee.