Gbs-waterkwessies met gemeenskap bespreek, alles is ‘beter’

Sommige inwoners van Gobabis het hul gewend tot die onwettige sny van waterpype in ‘n poging om water vir hulself en hul vee te verseker. Dit is omdat die dorp tussen sekere ure waterrantsoenering ingestel het. Hoofman Wallace Finnies, ‘n inwoner van Nossobville in Gobabis, het vroeër bevestig dat inwoners gedwing word om hulle tot desperate maatreëls te wend om te oorleef. Die munisipaliteit se woordvoerder, Frederick Ueitele, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die kwessies is opgelos nadat konsultasies tussen die inwoners en die raad gehou is.