Gbs-inwoners woedend oor uitgooi van verkragtingsaak

‘n Swapo-raadslid van Gobabis wat onlangs op die dorp in hegtenis geneem is weens beweerde verkragting van ‘n manlike jeugdige, gaan nie krimineel vervolg word nie. Aanklaers sê hoewel daar bewyse is dat hy seksuele omgang met ‘n ander man gehad het, is daar nie bewyse dat dit onder dwang plaasgevind het nie. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met hoofman Wallace Finnies, ‘n inwoner van die Nossobville-omgewing in Gobabis, wat sê hulle eis geregtigheid, want daar is nie ‘n saak teen die beweerde skuldige aanhangig gemaak nie.