Gaza: VN verminder hulp, het nie brandstof nie
Die Verenigde Nasies se hulp- en werke-agentskap vir Palestynse vlugtelinge sê hy het sy ondersteuning verminder aan hospitale en bakkerye wat ontworteldes in die Gazastrook kos gee. Dit volg nadat die humanitêre organisasie se brandstofreserwes byna uitgeput is. Sowat 1,4 miljoen mense in Gaza het uit hul huise gevlug en ongeveer 600 000 skuil in VN-fasiliteite. Die VN sê 62 vragmotors met humanitêre hulp het Gaza sedert verlede Saterdag binnegegaan. Die agentskap sê hy het dringend ʼn besending brandstof nodig sodat hy kan voortgaan om mense te help.