Gaza-skietstilstand dalk naby: Egipte
Egipte se staats-verbonde TV berig bemiddelaars en Hamas-gesante het “aansienlike vordering” gemaak vir ‘n skietstilstand in Gaza op die tweede dag van die samesprekings in Kaïro. Na weke se diplomatieke pogings probeer Egipte, Katar en die Verenigde State nou om ‘n skietstilstand van ses weke in die oorlog tussen Israel en Hamas te bereik, voor Ramadan volgende week begin. Die voorstel maak ook voorsiening vir die vrylating van gyselaars wat ontvoer is tydens Hamas se 7 Oktober-aanval wat die oorlog begin het, in ruil vir Palestynse gevangenes wat deur Israel aangehou word.