Gaza-skietstilstand bereik dooiepunt

‘n Senior Hamas-amptenaar, Osama Hamdan, sê daar is geen vordering in samesprekings oor die wapenstilstand met Israel nie. Die Palestynse groep is steeds gereed om te werk met enige skietstilstand-voorstel wat die oorlog sal beëindig, het Hamdan gesê. Arabiese bemiddelaars se pogings, gesteun deur die Verenigde State, het tot dusver nie daarin geslaag om ‘n wapenstilstand mee te bring nie, met beide kante wat mekaar vir die dooiepunt blameer. Hamas sê enige ooreenkoms moet die oorlog beëindig en volledige Israeliese onttrekking uit Gaza bring, terwyl Israel sê hy sal slegs tydelike pouses in gevegte aanvaar totdat Hamas, wat Gaza sedert 2007 regeer, uitgeroei is.