Gaza se inwoners kry nie die hulp wat nodig is nie
Die Verenigde Nasies waarsku daar word te min vordering gemaak om noodsaaklike hulp en handelsgoedere in Gaza te lewer. Sowat 300 000 mense gaan gebuk onder ernstige tekorte aan kos, water en ander benodigdhede. Sedert Mei is klaring vir 229 besendings versoek. Hiervan is 175 goedgekeur, 101 is afgelewer, 17 wag op klaring en 37 is van die hand gewys. ʼn VN-woordvoerder, Sigrid Kaag, sê ʼn mensgemaakte humanitêre krisis het Gaza in ʼn probleemgebied verander: