Gaza se heropbou sal 60m ton se uitlatings skep
Die heropbou van die geraamde 200 000 geboue wat in die eerste vier maande van Israel se aanval op Gaza vernietig is, sal byna 60-miljoen ton koolstofdioksied skep. Dis volgens nuwe navorsing wat op die Social Science Research Network gepubliseer is. Die navorsing se medeskrywer, Ben Neimark, sê een van die gevolge van die oorlog is die skending van die reg op ʼn skoon, gesonde en volhoubare omgewing. Hy sê die wêreld fokus wel op die humanitêre aspek, maar die gevolge vir die klimaat is ook ʼn probleem.