Gaza: Pouse in gevegte sal goed wees maar dit sal te kort wees

Daar word verwag dat die VN se Veiligheidsraad vanmiddag om vyf-uur Namibiese tyd sal stem oor ‘n humanitêre pouse in die oorlog, nie ‘n skietstilstand nie – eenvoudig omdat die VSA dit sal veto. Die VN se vlugtelingsagentskap vir Palestina sê enige stilstand in gevegte sal help, maar dat die situasie so benard is dat dit nie lank genoeg sal wees nie. Die agentskap se woordvoerder Tamara Alrifai het met media gepraat.