Gaza: Nuwe samesprekings begin môre

Onderhandelinge oor ‘n wapenstilstand in die Gaza-oorlog hervat in Doha met die intelligensiehoofde van Egipte, Amerika en Israel wat verrigtinge sal bywoon. Egipte se Al-Qahera News het ‘n senior bron aangehaal wat sê daar is ooreenkoms bereik oor baie punte. Die bron het bygevoeg die onderhandelinge sal Donderdag terugkeer na Kaïro. Hamas sê ‘n nuwe Israeliese aanval Maandag op Gaza bedreig die samesprekings op ‘n deurslaggewende oomblik, en versoek bemiddelaars om Israeliese premier Benjamin Netanyahu in toom te hou.