Gaza moet nog hulp kry

Die Verenigde Nasies se Wêreldvoedselprogram sê daar was ʼn geleidelike toename in hulp na Gaza, maar dis steeds nie genoeg om aan die behoeftes te voldoen nie. Byna 1,5-miljoen mense in Gaza is ontwortel. Die program se uitvoerende direkteur, Cindy McCain, vra die veilige verlenging van humanitêre toegang deur die Rafah-grenspos omdat mense se behoeftes skerp toeneem en voedselvoorrade gevaarlik min raak. McCain sê hierdie krisis is nie net ʼn plaaslike tragedie nie, dis ook ‘n waarskuwing dat die wêreld se voedselkrisis vererger.