Gaza loop groot risiko vir aansteeklike siektes

Die Wêreldgesondheidsorganisasie in die Palestynse gebied waarsku teen ʼn groot risiko in Gaza dat aansteeklike siektes kan uitbreek. Hy sê erge oorbevolking en die ontwrigting van gesondheidsdienste, en water- en sanitasiestelsels vererger die situasie. Byna ʼn driekwart van die hospitale en tweederdes van die gesondheidsklinieke in Gaza is gesluit. Die WGO sê hy vra ʼn volledige wapenstilstand, volgehoue toegang om hulp in Gaza te verleen, die beskerming van burgerlikes en gesondheidsorg en respek vir internasionale humanitêre reg.