Gaza-kwessies moenie Suid-Afrikaners verdeel nie

President Cyril Ramaphosa sê die Israel-Palestina-kwessie is emosiebelaai, veral gegewe die land se geskiedenis, maar dit moenie verdeeldheid vererger nie. Die polisie moes verlede week by ʼn betoging in Kaapstad ingryp toe pro-Israel- en pro-Palestina-ondersteuners slaags geraak het. Ramaphosa sê in sy weeklikse nuusbrief daar is in Suid-Afrika geen plek vir geweld of dreigemente van geweld tussen groepe met verskillende standpunte nie. Hy sê die regering ondersteun ʼn regverdige, vreedsame en veilige toekoms vir die mense van Palestina én Israel.