Gaza: Katar sê daar’s nog kwessies uitstaande

Amptenare van Israel, Hamas en Katar sê daar is steeds verskille wat opgelos moet word voor ʼn moontlike skietstilstand kan plaasvind. Dit volg nadat die Amerikaanse president Joe Biden gesê het ʼn skietstilstand tussen Israel en Hamas kan teen komende Maandag bereik word. Die sterftesyfer in Gaza is nou byna 30 000. Katar se woordvoerder vir Buitelandse Sake, Majed Al-Ansari, sê hulle hoop ʼn ooreenkoms word bereik voor die Moslems se heilige maand, Ramadan, oor twee weke begin: