Gaza-joernaliste wen Unesco Persprys

Die Verenigde Nasies se organisasie vir onderwys, wetenskap en kultuur, Unesco, het sy Wêreldpersvryheidsprys aan alle Palestynse joernaliste toegeken wat die oorlog in Gaza dek. Volgens die komitee vir die beskerming van joernaliste in New York is minstens 97 van sy lede dood sedert die begin van die oorlog, van wie 92 Palestyne was. Unesco se direkteur-generaal, Audrey Azoulay, het die joernaliste geloof vir hul waagmoed in moeilike en gevaarlike omstandighede.