Gaza-hospitaal: Hoekom het Israel eers gesê militante het daar geskuil?

Die herrie rondom die hospitaal-aanval in Gaza wil nie bedaar nie. Die algemene sekretaris van die Palestynse Nasionale-owerheid Mustafa Barghouti sê Israel lieg oor die aanval op die hospitaal in Gaza. Hy sê dat die land se weermag kort na die aanval aangekondig het dat hy die gebou geteiken het omdat daar Hamas-militante geskuil het. Dit was eers daarna wat hy gesê het dit was nie hy nie.