Gaza: Guterres bepleit respek vir menseregte

Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, António Guterres, het gewaarsku dat ‘n volskaalse Israeliese offensief op Rafah die einde kan beteken van VN-gedrewe humanitêre hulp aan die mense van Gaza. Humanitêre hulp aan Gaza is in Februarie met 50-persent verminder vergeleke met Januarie, as gevolg van struikelblokke soos die gereelde sluiting van deurgange en gevaarlike omstandighede weens voortdurende militêre operasies. Guterres het aan die VN se Menseregteraad in Genève gesê die pad na vrede begin met volledige respek vir alle menseregte: