Gaza-aanvalle duur voort, Sullivan besoek Israel

‘n Israelse missielaanval op ‘n huis in die Nuseirat-vlugtelingkamp in Sentraal-Gaza, het die lewens van minstens 35 mense, waaronder nege kinders geëis. Meer as 20 mense is gewond. Dit volg terwyl president Joe Biden se nasionale sekerheidsraadgewer, Jake Sullivan samesprekings in Israel voer met senior amptenare, insluitend premier Benjamin Netanyahu. Dit is deel van ‘n nuwe poging om ‘n skietstilstand in Gaza te verseker. Meer as 35 456 mense is in Gaza dood sedert Hamas Israel verlede jaar aangeval en 1 200 mense doodgemaak en 252 ander gyselaar geneem het.