Gay-toep word vir haatmisdaad gebruik

Grindr, ‘n afspraak-toepassing vir die LGBTQ-gemeenskap, het ‘n gemeenskapswaarskuwing uitgereik dat daar ‘n skerp styging in nuwe profiele was nadat Swapo-lid Jerry Ekandjo se wetsontwerp om Namibië se huwelikswet te wysig, deur die parlement aanvaar is. Die wetsontwerp het ten doel om die erkenning van selfdegeslag-huwelike in die land te kelder. Grindr reik net sulke waarskuwings uit na toenames in haatmisdade, roof of moorde. Kosmos 94.1 Nuus het met Omar van Reenen, stigter van Equal Rights Namibia, gepraat wat sê dat mense die toepassing begin aflaai het om die plaaslike LGBTQ+-gemeenskap te teiken en aan te val.