Gay-regte bly in die nuus, plaaslik en op die vasteland

Terwyl Namibië ‘n referendum oor gay-huwelike oorweeg, het Uganda uiters streng anti-gay wetgewing deurgevoer. Die wetsontwerp is in Maart deur parlementslede aanvaar, maar terugverwys vir wysigings. Diegene wat onder die wet skuldig bevind word, kan lewenslange gevangenisstraf, en in ernstiger gevalle, die doodstraf opgelê word. Kosmos 94.1 Nuus het met Omar van Reenen, stigter van die plaaslike Equal Rights Nambia-beweging gepraat…