!Gawaxab besoek aan Londen ‘n groot sukses

Die goewerneur van die Bank van Namibië, Johannes !Gawaxab, het die Londen Aandelebeurs toegespreek en Namibië se blywende stabiliteit en voorspelbaarheid in ‘n onstuimige globale ekonomie beklemtoon. Namibië se Eurobond van 750 miljoen Amerikaanse dollar is op die Aandelebeurs genoteer. !Gawaxab het belanghebbendes gerusgestel dat Namibië reeds ‘n strategie ingestel het om sy Eurobond-verpligtinge na te kom. Kazembire Zemburuka, die Bank van Namibië se woordvoerder, gee meer inligting.