Gavi sê Ebola-entstof moet gebruik word vir beskerming

Die wêreldwye voorraad Ebola-entstowwe kan gebruik word om gesondheidswerkers in die voorste linies in hoërisikolande te beskerm, eerder as net as ‘n noodmaatreël tydens uitbrekings. Dit is volgens die entstofgroep Gavi. ‘n Voorraad van ‘n halfmiljoen Ebola-entstofdosisse is in 2019 deur Gavi en ander wêreldwye gesondheidsvennote opgestel vir gebruik teen Ebola. Maar hoewel dit uiters dodelik is, is Ebola-uitbrekings relatief skaars. Gavi sê dit sal voorkomende gebruik van Ervebo gereeld vir hoërisikolande finansier, insluitend vervoer- en inentingskoste.