Gautengse speurder aangekla van regsverydeling

‘n Speurderkonstabel van Johannesburg staar ‘n aanklag van regsverydeling in die gesig nadat die ondersoek-eenheid vir ernstige korrupsie hom in hegtenis geneem het. Die polisiewoordvoerder, Katlego Mogale, sê die 34-jarige konstabel se arrestasie spruit voort uit bedrog en oortreding van die Immigrasiewet teen ‘n buitelandse sakepersoon, Frank Buyanga, wat verlede November aangekla is. Sy sê Buyanga is gevolglik borgtog geweier aangesien hy ook vir ontvoering in sy eie land gesoek word.