Gautengse LUR besoek slagoffers van ontploffing
Die Gautengse LUR vir gesondheid, Nomantu Nkomo-Ralehoko, gaan in die Charlotte Maxeke-Johannesburgse Akademiese Hospitaal besoek aflê by sommige van die slagoffers van Woensdag se ontploffing in die Johannesburgse sake-kern. Een persoon het gesterf in die vermeende ondergrondse gasontploffing. Die departement se woordvoerder, Motalatale Modiba, sê 48 mense is beseer.