Gauteng word ‘n bende-staat

RISE Mzansi sê hy is bekommerd oor die misdaadvlakke en geweldsdade in Gauteng. In die jongste voorval is twee onderwysers verlede week in Vanderbijlpark en Daveyton doodgeskiet. Die provinsiale kwartaallikse misdaadstatistiek toon dat een-duisend-787 mense tussen Oktober en Desember verlede jaar in die provinsie vermoor is. Tebogo Moalusi van RISE Mzansi sê Gauteng word in ’n bende-staat omskep deur diegene wat geen respek vir die gereg het nie: