Gauteng wetgewer sit vas – DA en ANC baklei steeds

Die DA sê hy kon nie daarin geslaag om ‘n ooreenkoms met die ANC in Gauteng te bereik nie. Premier Panyaza Lesufi sou Maandagaand sy nuwe kabinet aankondig, maar dit is uitgestel weens onderhandelinge oor posisies tussen die ANC en die DA wat ‘n dooiepunt bereik het. Die DA se federale voorsitter, Helen Zille, sê hulle is nie bereid om aan ‘n provinsiale regering van eenheid deel te neem waar die ANC steeds dink hy het ‘n meerderheid nie: