Gauteng versuim om 13 947 bome te plant: DA

Die DA in Gauteng sê die landelike ontwikkeling-departement doen nie genoeg om die uitwerking van klimaatsverandering te versag nie. Altesaam 30 000 bome was veronderstel om gedurende die derde kwartaal van die 2023-2024-boekjaar geplant te word. Volgens die departement is daar egter net 16 053 geplant. Die DA-lid, Jade Miller, sê om bome te plant is een van die eenvoudigste en doeltreffendste maniere om klimaatsverandering te bekamp wat kweekhuisgasse veroorsaak.