Gauteng stuier onder werkloosheid

Die DA in Gauteng sê 2,6 miljoen inwoners van die provinsie is werkloos en nog 848 000 probeer nie meer werk kry nie. Dit bring die werkloosheidskoers op ‘n ontstellende 36,6 persent te staan. Die DA se woordvoerder, Makashule Gana, sê dis kommerwekkend omdat dit duidelik is die provinsiale regering doen nie genoeg om seker te maak genoeg werksgeleenthede word geskep nie: