Gauteng stel openbarewerkeprogram bekend

Gautengse premier Panyaza Lesufi sê hulle besnoei die begroting vir kospakkies om meer werksgeleenthede in die provinsie te skep. Hy het die uitgebreide openbarewerkeprogram vir skoonmaak en vergroening in die Dobsonville-stadion in Soweto bekend gestel. Die program is genoodsaak deur die besoedeling en onwettige vullisstorting in die provinsie. Lesufi sê die program is ook daarop gemik om voedselonsekerheid se uitdagings op huishoudelike vlak en die stygende werkloosheid in die provinsie aan te spreek: