Gauteng stel 255 mediese noodreaksievoertuie bekend vir Paasnaweek

Die Departement van Gesondheid in Gauteng stel vandag 255 nuwe mediese noodreaksievoertuie bekend. Dit vorm deel van die gereedheidsveldtog vir die Paasnaweek. Die nuwe vloot het moderne tegnologie en mediese toerusting en sal aan al vyf die distrikte in die provinsie toegewys word. Die departement wil verseker daar is ononderbroke noodreaksie gedurende die langnaweek. Woordvoerder, Motalatale Modiba, sê met die verwagte hoë verkeersvolumes oor die Paastyd, sal die bykomende vloot reaksietyd verbeter: