Gauteng se teenkorrupsie-eenheid is volslae mislukking – DA
Die DA in Gauteng sê premier Panyaza Lesufi se teenkorrupsie-eenheid het hopeloos te min personeel. Twintig van die 43 poste is vakant, insluitend dié van hoof van die eenheid. Lesufi het in ‘n geskrewe antwoord op vrae in die Gautengse wetgewer, bekendgemaak dat die Forensiese Eenheid nie ‘n hoofdirekteur het nie, vier ondersoekers te min het, en dat verskeie ander vakatures bestaan. Jack Bloom van die DA sê dié patetiese eenheid is bewys daarvan dat die ANC nie ernstig daaroor is om korrupsie uit te roei nie: