Gauteng se provinsiale kabinet-onderhandelings afgehandel

Die premier van Gauteng, Panyaza Lesufi, sê onderhandelings vir provinsiale kabinetslede is afgehandel. Lesufi het Sondag die aankondiging van die provinsiale kabinet uitgestel met verwysing na ingewikkelde gesprekke. Lesufi het bykans twee weke sedert sy herverkiesing, nog nie sy uitvoerende bestuur aangekondig nie. Hy het tydens ‘n elektrifiseringsprojek in Kromdraai, Mogale City, die versekering gegee die aanstellings sal binnekort aangekondig word, hangende die nasionale regering se goedkeuring.