Gauteng se nie-oordaagbare siektes is te hoog

Die Gautengse LUR vir Gesondheid en Welstand, Nomantu Nkomo-Ralehoko, sal vandag in Tembisa die provinsiale bekendstelling doen van die strategiese plan vir die voorkoming en beheer van nie-oordraagbare siektes. Die departement se woordvoerder, Motalatale Modiba, sê nie-oordraagbare siektes, waarvan baie voorkombaar is, neem steeds toe teen ‘n kommerwekkende tempo. Hy sê Gauteng het ‘n voorkoms-syfer van ongeveer 40-persent vir hoë bloeddruk, en elf-persent vir diabetes: